Afrikaanse gedigte
Aand gebed van die massa mens.
Nou
maar lekker slaap ou blaar.
Hierdie dag is nou verewig klaar.
En jy was
somtyds so beswaard ou swaer.
Omdat jy gaan kaf haal het van wie weet
waar.
En soos jy nou skel en skop oor more se gevaar.
Trek die kiewe kwyl
spoeg, want die gedagtes is naar.
Die prentjie in die kop, knoop die magie in
'n knop en siedaar,
nog 'n dag vaarwel omdat jy nou dink, jy kan vandag vir
more spaar.
-Contheosius-
Tyd
Vlieg
Maggies maar die tyd roer en toer.
Nog 'n maand is
in sy moer.
Al kla ons lank en sand oor ons lot,
sal ons eerder kak as
om te vrek en vrot.
So geniet maar nou die lewe mens
Voordat jy dood
lê op jou pens.
Word wakker sê die oggend wekker.
Gister se twak.is
more se lekker.
Daai bobbejaan gaan haal agter die berg
Is die skim
waarmee jy jou lekkerte beveg.
-ConTheosius-
Dis heerlike lente.
(1 Sept 2008, was 'n koue
dag)
(Met apologie): THEO W. JANDRELL en G.G. CILLIÉ
Musiek: Wysie uit die
Alpe; verwerk: G.G. CILLIÉ
Dis heerlike winter, die lente's
verby;
weer koud' en kombersies vir jou en vir my.
Hol-la-dri-o-ha,
hol-la-dri-o.
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o!
Die bergklim is
waansinnig, al hou dit mens gesond.
Die vroe-, vroeë môre het ys in die
mond.
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o.
Hol-la-dri-o-ha,
hol-la-dri-o!
"You will never change your life until you change something you
do daily."
- Mike Murdock
-
(c) Theo
Pistorius
